De Kat - verfmeul | Het Pink - oliemeul |
Talbot motor | In gelid |
Eerste Albert Heijn winkel | Koog-Zaandijk |
'n Blik in die dorpie | De Bleeke Dood |
30 June 2007
Van der Merwe op die Zaanse Schans
Die Zaanstreek in Nederland - meer as net windmeulens, houthuisies en natuur. Wat is 'n besoek aan Nederland as jy nie die windmeulens sien nie? Hieronder is 'n paar foto's wat ek in Koog-Zaandijk (by die Zaanse Schans) geneem het. Die foto met die paar windmeulens op - die name van regs na links: De gekroonde Poelenburg - 'n saagmeule, De Kat - 'n verfmeule, De Zoeker - 'n oliemeule en De Bonte Hen - nog 'n oliemeule. Daar was ook vandag 'n hele versameling ou motors - ek het net 'n foto van die ou Talbot hier geplaas. Voorwaar 'n interessante plek - ek sal definitied terugkom om weer te kom loer.
24 June 2007
'n Stil Sondag in Amersfoort
Sondag in Amersfoort - doodstil. Hier is winkels nog toe op 'n Sondag en al wat jy sien is mense wat op straat rondloop. So volg die uwe toe maar die voorbeeld. Ek het na van die kanale/ riviere gaan kyk - iets wat nou nie juis in Wierdapark in oorvloed is nie. Amersfoort is 'n stad wat dateer uit ongeveer 1028. Op 12 Junie 1259 kry Amersfoort stad status. Die stad groei vinig en in die 14e eeu word 'n tweede stadsmuur gebou - op die fondamente van die eerste muur bou hulle toe die "Muurhuizen". Die priestersgraf loop ek raak in die Lieve Vrouwe kerkhof - die eerste naam by die priestersgraf is gedateer 1821.
Kanaal in Amersfoort | en nog een |
Spuitfontein in kanaal | Muurhuizen |
Priestersgraf |
23 June 2007
Besoek aan den Bosch
Ek het myself vandag na 's-Hertogenbosch begewe - hier alom bekend as den Bosch. EK wou gaan besoek bring aan die stad van herkoms van Hieronymus Bosch - my gunsteling skilder. Vir die doel het ek na die Noord Brabantse museum gegaan. Daar is 'n hele klomp baie interessante skilderye van Breughel, van Gogh, ens. Ongelukkig is daar net skilderye van navolgers van Bosch - nie van sy eie nie. Dus, alhoewel dit 'n interessante besoek was, het ek nie daaruit gekry wat ek graag wou nie. Hierna is ek na die Sint Jans Katedraal - 'n enorme gebou wat tans gerestoureer word. Dis begin bou in ongeveer 1200 - klik hier vir hulle webwerf Daar was een of ander okkasie aan die gang toe ek daar was, so ek kon nie regtig deurloop nie. Hier was vanoggend 'n enorme mark - vrugte, groente, brood, kaas, klere, noem maar op - hulle verkoop dit.
St Jans Katedraal | Binne |
Kanaal in den Bosch | Noord Brabantse museum |
Standbeeld in den Bosch |
20 June 2007
Dag twee in die vreemde
OK, hier is nog 'n paar foto's - die stasie op Amersfoort vanwaar ek elke oggend vertek om te gaan werk, die fietse voor die stasiegebou in Amersfoort.
Die toring op die bladsy is die Liewe Vrouwe toring - my landmerk in Amersfoort - as ek in die strate loop en ek sien die toring, weet ek ongeveer waar ek is. Dis omtrent 1.5 km van waar ek bly, reg in die centrum van die stad.
Die treinspore is geneem vanuit die stasie op Amersfoort.
En ja, "daai straat" is net so 'n paar blokke van waar ek werk - een wat redelik besig is en allerande reaksies van mense uitlok - ek sal tog daar gaan stilsit of staan vir so 'n halfuurtjie om te kyk na mense se reaksies - veral die toeriste.

Amersfoort stasie | Daai straat in A'dam |
Liewe Vrouwe Toring Amersfoort | Soek jou fiets - Amersfoort |
Tuseen treine, tussen stasies |
17 June 2007
Eerste indrukke van my nuwe werksplek
Ek het gistermiddag op die trein na Amsterdam geklim (ongeveer halfuur se ry met die sneltrein - het nog nie 'n stoptrein probeer nie). Amsterdam Centraal stasie is enorm groot - 15 dubbel spore. Natuurlik is die spoor vanaf Amersfoort heel laaste in die ry - no 15A. Toe kom ek uit die stasie uit en moet begin soek na Prins Hendrikkade - nou nie die maklikste ding om te doen as die kaart en die werklikheid nou nie so heeltemal dieselfde lyk nie. Ewentewel, ek stap toe maar in 'n straat af - en jou waarlik, Damrak - die straat reg langs waar ek moet wees. So, toe het ek nou sommer nog kortpad ook gevat. Om te sien waar ek gaan werk, klik hier.
Fortis Bank | Madame Tussaud |
'n Blik op Damrak | Amsterdam Centraal stasie |
Uit die trein op Amsterdam Centraal |
16 June 2007
Nederland
OK,
So hier is ek toe nou uiteindelik. Gesetel in Amersfoort (nee, nie die een in SA nie) - in Graaf Adolflaan. Die woonstel is in 'n ou militêre kaserne wat in 1981 omskep is in woonstelle. Naby die stadcentrum en ook heel gemaklike loopafstand vanaf die stasie en inkopiesentrum (Leusderstraat).

Subscribe to:
Posts (Atom)