20 June 2007

Dag twee in die vreemde

OK, hier is nog 'n paar foto's - die stasie op Amersfoort vanwaar ek elke oggend vertek om te gaan werk, die fietse voor die stasiegebou in Amersfoort.
Die toring op die bladsy is die Liewe Vrouwe toring - my landmerk in Amersfoort - as ek in die strate loop en ek sien die toring, weet ek ongeveer waar ek is. Dis omtrent 1.5 km van waar ek bly, reg in die centrum van die stad.
Die treinspore is geneem vanuit die stasie op Amersfoort.
En ja, "daai straat" is net so 'n paar blokke van waar ek werk - een wat redelik besig is en allerande reaksies van mense uitlok - ek sal tog daar gaan stilsit of staan vir so 'n halfuurtjie om te kyk na mense se reaksies - veral die toeriste.








Amersfoort stasieDaai straat in A'dam


Liewe Vrouwe Toring AmersfoortSoek jou fiets - Amersfoort

Tuseen treine, tussen stasies

No comments: