18 August 2007

Dag van die labarint

Met rugsak oor die skouer en kamera in die hand is die avonturier weer die vreemde in - die laase naweek wat hy alleen deurbring - JIPPIE!!!!
Die doel vandag was om 'n aantal labarinte op te spoor en te loop indien moontlik. Ek het drie identifiseer wat maklik bereikbaar is. Een is in die dorpie Heiloo (by die Willibrorduskerk)- 'n heel loopbare labarint voor die kerk.
Die volgende by die Lieve Vrouwe Gasthuis (hospitaal) in Amsterdam - daar is 'n kapel wat gebou is so 7 jaar terug en die labarint is in die teelwerk gemerk.
Die labarint in Hoofddorp is in die bijbeltuin - 'n pragtige tuin by die Johannes die Doper kerk - met die labarint as een van die dele van die tuin.
Beide die in Heiloo en Hoofddorp is volgens die model van die labarint by Chartres katedraal. Die een in Amsterdam is op die model van die een by San Vitalekerk in Ravenne, Italiƫ.
Haarlem - waar ek oorgestap het na 'n ander trein, het een van die mooiste stasiegeboue in Nederland. Die standbeeld vind jy in die Oosterpark - net oorkant die Onze Lieve Vrouwe Gasthuis in Amsterdam.







Haarlem stasieHoofddorp labarint


Labarint HeilooLabarint OLVG

Oosterpark

1 comment:

SBTVD said...
This comment has been removed by a blog administrator.