18 August 2007

Dag van die labarint

Met rugsak oor die skouer en kamera in die hand is die avonturier weer die vreemde in - die laase naweek wat hy alleen deurbring - JIPPIE!!!!
Die doel vandag was om 'n aantal labarinte op te spoor en te loop indien moontlik. Ek het drie identifiseer wat maklik bereikbaar is. Een is in die dorpie Heiloo (by die Willibrorduskerk)- 'n heel loopbare labarint voor die kerk.
Die volgende by die Lieve Vrouwe Gasthuis (hospitaal) in Amsterdam - daar is 'n kapel wat gebou is so 7 jaar terug en die labarint is in die teelwerk gemerk.
Die labarint in Hoofddorp is in die bijbeltuin - 'n pragtige tuin by die Johannes die Doper kerk - met die labarint as een van die dele van die tuin.
Beide die in Heiloo en Hoofddorp is volgens die model van die labarint by Chartres katedraal. Die een in Amsterdam is op die model van die een by San Vitalekerk in Ravenne, Italië.
Haarlem - waar ek oorgestap het na 'n ander trein, het een van die mooiste stasiegeboue in Nederland. Die standbeeld vind jy in die Oosterpark - net oorkant die Onze Lieve Vrouwe Gasthuis in Amsterdam.







Haarlem stasieHoofddorp labarint


Labarint HeilooLabarint OLVG

Oosterpark

13 August 2007

Rotjeknor

Jip, Rotterdam - so noem hulle hom. Kyk die interessante kubus wonings - en die toring daarnaas. Praat nie van Blaak stasie wat soos 'n VVV lyk nie! De Hef is 'n hefbrug wat dateer uit ongeveer 1878 - 'n monument uit 'n vorige eeu - sedert 1993 nie meer in gebruik nie.







Kijk-kubusDie Blaakse bos en Blaakse toring


Rotterdam Blaak stasie - de FluitketelDe Hef

Oude Haven

Breda

A picture speaks a thousand words - so verneem ek. Wel, in die geval moet dit voorlopig maar so wees - ek sal later die teks opdateer.







Begijnhof - BredaKasteel van Breda

Onse Lieve Vrouwe KerkPreekstoel in die Antonius Kerk
Valkenberg park - pragtige plek

Delft

Ja, daardie een - die een van die porselein. De Porceleyne Fles is dan ook een van die ou plekke wat dit nog op die tradisionele manier doen - sedert 1653! Dis een van die plekke met die mooiste stadhuise wat ek nog gesien het - weereens met baie interessante kerke - ek was op 'n Sondagoggend daar, so die kerke was nie oop vir besigtiging nie - hulle was almal besig met dienste - die Oude Kerk het 'n BAIE huilerige baba ook gehad - kon nie vir iemand lekker gewees het nie! Die porselein is natuurlik by 'n plek soos De Porceleyne Fles amper onbekostigbaar - 37 Euro vir 'n vingerhoedjie - werk maar self uit....En kyk die pragtige watertoring - baie aanskouliker as dit wat ons gewoonlik in Suid Afrika sien. Daar is 'n windmeul ook naby die watertoring, maar ek het dit eers gesien toe ek met die trein weer by Delft verby gaan!










Uiteet - Delft stylWatertoring


Grote Kerk (elke stad het een!)Oostpoort

De Porceleyne FlesPrinsenhof - oase van stilte
Stadhuis

12 August 2007

Utrecht

Utrecht, stad met die besigste stasie in Nederland. Ook huis van die Utrechtse Dom - seker een van die mooiste katedrale in Nederland. Dis 'n pragtige ou stad. Daar is hordes kerke in Utrecht - op die stadium is 11 van hulle vir die publiek oop - wat hulle noem "kerkenkijken" - die oudste een waar ek was dateer uit 1048 - so 'n jaar of twee voor my geboorte. Interessant is hulle restaurantjies wat onder straatvlak langs die kanale is - soos op die een foto sigbaar is. Die Oostpoort is tans 'n woonhuis - ek dink dis baie interessant om daar te bly - maar jy het voortdurend verkeer wat deurvloei - en simpel toeriste met kameras... (wie, ek, 'n toeris? - nooit gesien nie!) Die stasie is 'n absolute warboel - soos ek genoem het, die besigste in Nederlan - met 'n groot winkel sentrum direk daarlangsaan, sommer amper deel van die stasie. Interessante plek die!








Utrechtse DomtoringGrafkelder in Pieterskerk



PieterskerkStraattoneel in Utrecht



Restaurante in UtrechtDie Utrechtse Dom

31 July 2007

Die avonturier in Rotterdam

Reg, daar is die "intrepid adventurer" op sy draadkameel die strate van Rotterdam in.
'n Fiets wat nou nie regtig "wedstrydfiks" is nie, met 'n ryer wat so twee dekades laas op 'n baiesukkel gesit het. Genade, en hierdie een het soos hulle hier sal sê 'n keiharde saal - een van daardie wat jou agterent sal sagbrei in 'n ommesientjie. Ewentewel, ter wille van 'n paar foto's is ek die strate in. Al die foto's in hierdie berig kan jy maar op klik - daar is bietjie groter weergawes daaragter. Die Euromast is ongever 180m hoog. Daardie pers dingetjie daar bo is 'n draaiende hysbak wat jou vat tot amper heel bo - die uitsig is blykbaar baie goed - het nog nie probeer nie. Die Erasmusbrug is definitief een van die "landmarks" hier in Rotterdam. Kop van Zuid is een van die vele interessante areas langs die water. Meer oor al hierdie in volgende berigte - watch this space, soos hulle in die classics sal sê.




ErasmusbrugEuromast


Kop van Zuid

24 July 2007

Amsterdam - nog steeds, en 'n vinnige besoek aan Rotterdam

So is die avonturier toe weer gewapen met kamera in die hand die strate van Amsterdam in. Vondelpark was regtig 'n belewenis - so 'n oase in die middel van die stad - rustige atmosfeer, maar vol mense - hulle hou piekniek, loop rond, draf daar, gaan stap met hulle honde, ens. Direk langs Vondelpark is die Vondelkerk - nie die mooiste kerkgebou wat ek al gesien het nie - ontwerp deur dieselfde argitek wat die Centraal Station ontwerp het, Cuypers. Die kerk is van 1979 as as kantoorgebou in gebruik.
Die straatorreltjies sien jy gereeld in Amsterdam, met die ouens wat hulle bussies skud. Die straattoneel behoort 'n idee te gee van hoe dit in Amsterdam lyk op 'n naweek - en hierdie gedeelte is so bietjie van die hoofstroom af. Die smal huise is net so bietjie meer as 1.8 meter wyd - seer seker die smalste huis in Amsterdam.
Die foto op Museumplein is geneem vanaf die kant van die Concert gebouw - die Rijksmuseum is aan die regterkant en die van Gogh museum links agter.
Die Rijksmuseum is 'n reusagtige plek, maar hulle is tans besig met restourasie, so net 'n gedeelte van die museum is oop - en 'n uur na oopmaaktyd staan die toue reeds by die hekke uit. Daar is ontsettend baie gewerskaf hier in Amsterdam - hulle is besig om te restoureer aan die koninklike paleis, die Stedelijke museum en die Rijksmuseum. Verder is hulle besig om 'n nuwe Metro stasie te bou, so oral is daar 'n gewerskaf.
By die Heineken Brouwerij wou ek sommer aansoek doen vir werk, maar blykbaar het hulle nie nog mense nodig om die bier te proe nie.
Die Begijnhof is nog 'n oase van stilte hier in die besige stad - as jy nie weet waar dit is nie, sal jy dit maklik misloop. Ek gaan nie ingaan op die geskiedenis van die Begijnhof nie - gaan kyk op Wikipedia - soek vir "Begijnhof, Amsterdam" of gaan kyk op hulle webwerf self.
As alles volgens plan verloop skuif ek teen die einde van die maand na Rotterdam. Ter voorbereiding het ek so bietjie daar gaan rondloop. 'n Moderne stad met heelparty indrukwekkende geboue - en die grootste houerhawe in die wêreld. Die Erasmusbrug op die foto was vir my nogal heel indrukwekkend. Volgende uitgawes sal meer oor Rotterdam inhê.
Kyk bietjie mooi na die geskryf op die bus - maak nie saak waar jy gaan nie, die Suid-Afrikaners is daar.



















VondelparkDie smalste huis in Amsterdam?




StraatorreltjieUitstalling by van Gogh museum




Vondelkerk se ingangVondelkerk




KattenkabinetGewel van die Concert Gebouw




MuseumpleinRijksmuseum




Eramusbrug in RotterdamBegijnhof se ingang




Bus - kyk die opskrifHeinken Brouwerij




BegijnhofStraat in Amsterdam

15 July 2007

Amersfoort - Sondag 15 Julie 2007

Nog interessanthede in Amersfoort. Die eerste foto is van die Amersfoortse kei - die bynaam vir Amersfoort is dan ook die Keistad - met die kei as oorsprong. Dis 'n rots wat in die stad ingetrek is deur 400 mense in 1661 na 'n weddenskap. Die storie het groot verleentheid veroorsaak en die rots is begrawe, maar weer in 1903 opgegrawe en beklee nou 'n ereplek as monument. Die Kampenbinnenpoort is een van die ou stadspoorte - op Lange straat (wat daardie naam dra al sedert 1342). Die St Rochus kapel is by die Hofje De Poth - al in 1477 vermeld as pelgrims-onderdak. Kyk mooi na die verkeerslig - nie wat jy normaalweg sien nie!







die Amersfoortse keiKamperbinnenpoort

Langs die plantsoenSt Rochus kapel
Verkeerslig met 'n verskil