'n Fiets wat nou nie regtig "wedstrydfiks" is nie, met 'n ryer wat so twee dekades laas op 'n baiesukkel gesit het. Genade, en hierdie een het soos hulle hier sal sê 'n keiharde saal - een van daardie wat jou agterent sal sagbrei in 'n ommesientjie. Ewentewel, ter wille van 'n paar foto's is ek die strate in. Al die foto's in hierdie berig kan jy maar op klik - daar is bietjie groter weergawes daaragter. Die Euromast is ongever 180m hoog. Daardie pers dingetjie daar bo is 'n draaiende hysbak wat jou vat tot amper heel bo - die uitsig is blykbaar baie goed - het nog nie probeer nie. Die Erasmusbrug is definitief een van die "landmarks" hier in Rotterdam. Kop van Zuid is een van die vele interessante areas langs die water. Meer oor al hierdie in volgende berigte - watch this space, soos hulle in die classics sal sê.
Erasmusbrug | Euromast |
Kop van Zuid |
No comments:
Post a Comment