31 July 2007

Die avonturier in Rotterdam

Reg, daar is die "intrepid adventurer" op sy draadkameel die strate van Rotterdam in.
'n Fiets wat nou nie regtig "wedstrydfiks" is nie, met 'n ryer wat so twee dekades laas op 'n baiesukkel gesit het. Genade, en hierdie een het soos hulle hier sal sê 'n keiharde saal - een van daardie wat jou agterent sal sagbrei in 'n ommesientjie. Ewentewel, ter wille van 'n paar foto's is ek die strate in. Al die foto's in hierdie berig kan jy maar op klik - daar is bietjie groter weergawes daaragter. Die Euromast is ongever 180m hoog. Daardie pers dingetjie daar bo is 'n draaiende hysbak wat jou vat tot amper heel bo - die uitsig is blykbaar baie goed - het nog nie probeer nie. Die Erasmusbrug is definitief een van die "landmarks" hier in Rotterdam. Kop van Zuid is een van die vele interessante areas langs die water. Meer oor al hierdie in volgende berigte - watch this space, soos hulle in die classics sal sê.




ErasmusbrugEuromast


Kop van Zuid

24 July 2007

Amsterdam - nog steeds, en 'n vinnige besoek aan Rotterdam

So is die avonturier toe weer gewapen met kamera in die hand die strate van Amsterdam in. Vondelpark was regtig 'n belewenis - so 'n oase in die middel van die stad - rustige atmosfeer, maar vol mense - hulle hou piekniek, loop rond, draf daar, gaan stap met hulle honde, ens. Direk langs Vondelpark is die Vondelkerk - nie die mooiste kerkgebou wat ek al gesien het nie - ontwerp deur dieselfde argitek wat die Centraal Station ontwerp het, Cuypers. Die kerk is van 1979 as as kantoorgebou in gebruik.
Die straatorreltjies sien jy gereeld in Amsterdam, met die ouens wat hulle bussies skud. Die straattoneel behoort 'n idee te gee van hoe dit in Amsterdam lyk op 'n naweek - en hierdie gedeelte is so bietjie van die hoofstroom af. Die smal huise is net so bietjie meer as 1.8 meter wyd - seer seker die smalste huis in Amsterdam.
Die foto op Museumplein is geneem vanaf die kant van die Concert gebouw - die Rijksmuseum is aan die regterkant en die van Gogh museum links agter.
Die Rijksmuseum is 'n reusagtige plek, maar hulle is tans besig met restourasie, so net 'n gedeelte van die museum is oop - en 'n uur na oopmaaktyd staan die toue reeds by die hekke uit. Daar is ontsettend baie gewerskaf hier in Amsterdam - hulle is besig om te restoureer aan die koninklike paleis, die Stedelijke museum en die Rijksmuseum. Verder is hulle besig om 'n nuwe Metro stasie te bou, so oral is daar 'n gewerskaf.
By die Heineken Brouwerij wou ek sommer aansoek doen vir werk, maar blykbaar het hulle nie nog mense nodig om die bier te proe nie.
Die Begijnhof is nog 'n oase van stilte hier in die besige stad - as jy nie weet waar dit is nie, sal jy dit maklik misloop. Ek gaan nie ingaan op die geskiedenis van die Begijnhof nie - gaan kyk op Wikipedia - soek vir "Begijnhof, Amsterdam" of gaan kyk op hulle webwerf self.
As alles volgens plan verloop skuif ek teen die einde van die maand na Rotterdam. Ter voorbereiding het ek so bietjie daar gaan rondloop. 'n Moderne stad met heelparty indrukwekkende geboue - en die grootste houerhawe in die wêreld. Die Erasmusbrug op die foto was vir my nogal heel indrukwekkend. Volgende uitgawes sal meer oor Rotterdam inhê.
Kyk bietjie mooi na die geskryf op die bus - maak nie saak waar jy gaan nie, die Suid-Afrikaners is daar.



















VondelparkDie smalste huis in Amsterdam?




StraatorreltjieUitstalling by van Gogh museum




Vondelkerk se ingangVondelkerk




KattenkabinetGewel van die Concert Gebouw




MuseumpleinRijksmuseum




Eramusbrug in RotterdamBegijnhof se ingang




Bus - kyk die opskrifHeinken Brouwerij




BegijnhofStraat in Amsterdam

15 July 2007

Amersfoort - Sondag 15 Julie 2007

Nog interessanthede in Amersfoort. Die eerste foto is van die Amersfoortse kei - die bynaam vir Amersfoort is dan ook die Keistad - met die kei as oorsprong. Dis 'n rots wat in die stad ingetrek is deur 400 mense in 1661 na 'n weddenskap. Die storie het groot verleentheid veroorsaak en die rots is begrawe, maar weer in 1903 opgegrawe en beklee nou 'n ereplek as monument. Die Kampenbinnenpoort is een van die ou stadspoorte - op Lange straat (wat daardie naam dra al sedert 1342). Die St Rochus kapel is by die Hofje De Poth - al in 1477 vermeld as pelgrims-onderdak. Kyk mooi na die verkeerslig - nie wat jy normaalweg sien nie!







die Amersfoortse keiKamperbinnenpoort

Langs die plantsoenSt Rochus kapel
Verkeerslig met 'n verskil

14 July 2007

Amersfoort - revisited

Ja, daar is baie te sien binne Amersfoort - ek is nou 'n maand hier en ek het nog nie behoorlik die nerf afgekrap van dit wat hier wel te sien is nie. Hieronder is so 'n klein voorbeeld van dit wat ek raakgeloop het toe ek langs die plantsoen gan stap het - dis oorspronklik gedoen so 150 jaar gelede op die plek waar die ou stadsmuur was - volgens die Amersfoort webwerf

"Het plantsoen op de voormalige stadswal in Amersfoort is meer dan 150 jaar oud en vormt een symbolische grens tussen de historische binnenstad en de wijken eromheen. Het plantsoen werd aangelegd tussen 1829 en 1843. Om het plantsoen voor de komende generaties te behouden, heeft de gemeente de afgelopen zeven jaar het plantsoen in oude glorie hersteld."

Net agter de Monnikendam is die gelyknamige restaurant - weggesteek agter een van die ou stadspoorte. Die Sint Pieters & Bloklands Gasthuis is 'n versorgingsentrum - lyk aansienlik anders as die standaard dienssentrum of ouetehuis in Suid-Afrika!

Die Koppelpoort is een van die ander ou stadspoorte wat behoue gebly het. De Drie Ringen is die enigste brouery binne die grense van Amersfoort - van hulle bier is nogal sterk.....






de MonnikendamUitsig vanaf de Monnikendam


StadsmuurSt Pieters & Bloklands Gasthuis

Koppelpoortstadsbierbrouwerij De Drie Ringen

13 July 2007

Amsterdam de grote stad

Daar is so baie wat ek reeds in Amsterdam gesien het - en ek het nog net 'n baie klein deeltjie van die stad gesien - trouens, ek het nog net die besigste toeriste deel gesien - en ook nog nie alles nie. Watter foto's om hier in te sit - sjoe dis moeilik - almal is goed, maar dis te groot om almal op die web te sit.
So, hier is 'n baie klein seleksie - een van die twee oorspronklike houthuise wat nog in Amsterdam oor is - 'tAepje. Die huis aan die drie gragte staan werklik met drie sye na die water - dis nie maklik op die foto sigbaar nie (ek is nie 'n professionele fotograaf nie). Theater Tuschinski is binne baie soos toe dit gebou is - in die eerste helfte van die vorige eeu.
Voor iemand vra, nee, ek was nie braaf genoeg om van die vis te koop nie - die Hollandse Nieue is harings wat gesout en "rypgemaak" is - ek is seker dis 'n aangeleerde smaak en ek is nie op die stadium bereid om te leer nie.







Huis aan de 3 grachtenTheater Tuschinski


OZ Voorburgwal - vanaf OZ KolkVis op straat

Hout huis 'tAepje

07 July 2007

Dordrecht - oudste stad in Holland

Nou ja, ek het toe nou uitgekom in die stad wat bekend staan as die oudste in Holland. Dis 'n pragtige stad, maar die eintlike rede hoekom ek hierheen gekom het is om te kom soek na waar my van vandaan kom - die Beneden-Merwede rivier, en natuurlik ook die Huis te Merwede (net 'n klein stukkie daarvan het nog oorgebly). Ek het ook so bietjie in die Grote Kerk gaan stap, en opgeklim in die toring. Die uitsig is goed, maar die uwe lei mos aan hoogtevrees....in elk geval, ek was daar, het selfs 'n paar foto's geneem.









Kanaal in DordrechtMeule




Dordrecht stasieHuis te Merwede



Beneden-Merwede rivierGrote Kerk




Binne die Grote KerkUitsig vanaf die toring

01 July 2007

Amsterdam - Oudezijds Voorburgwal

Die Oudezijds Voorburgwal is een van die historiese strate in Amsterdam en maklik te voet bereikbaar van Amsterdam Centraal stasie. Klik op die panorama foto vir 'n ietwat groter weergawe - ek het nie die oorspronklike gelaai nie, dis eenvoudig te groot om af te laai. Kyk die oulike "kasteel" - ek ken nie sy geskiedenis nie, maar aan die een kant is daar tans 'n restaurant.
Die Sint Nicolas kerk is een van die eerste geboue wat jy sien wanneer jy by Amsterdam Centraal stasie uitkom. Net maar een van die talle indrukwekkende geboue in Amsterdam.





Panorama - OZ VoorburgwalRestaurant



St Nicolas kerkOZ Voorburgwal - kanaal af