Kanaal in Dordrecht | Meule |
Dordrecht stasie | Huis te Merwede |
Beneden-Merwede rivier | Grote Kerk |
Binne die Grote Kerk | Uitsig vanaf die toring |
07 July 2007
Dordrecht - oudste stad in Holland
Nou ja, ek het toe nou uitgekom in die stad wat bekend staan as die oudste in Holland. Dis 'n pragtige stad, maar die eintlike rede hoekom ek hierheen gekom het is om te kom soek na waar my van vandaan kom - die Beneden-Merwede rivier, en natuurlik ook die Huis te Merwede (net 'n klein stukkie daarvan het nog oorgebly). Ek het ook so bietjie in die Grote Kerk gaan stap, en opgeklim in die toring. Die uitsig is goed, maar die uwe lei mos aan hoogtevrees....in elk geval, ek was daar, het selfs 'n paar foto's geneem.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment